Beset – Bernice West

Nat op die rante van jou wang
Is daar stories wat vertel
Hoe jy die berge moes los loop vir my
Ek voel jou onder in my vel

0 sewe 8 te lank gewag
Jy’t verpas
Ek wou ‘n siel vir jou red
Maar nou… nou is jy beset

Die lyn is beset
Die lyn is beset
Die lyn is beset
Sal jy my dalk kom red

Ek het verdwaal op ‘n soektog na jou wese
Ek wou jou stem kanaal opvang

Maar die tannie op die lyn maak oorlog
Sou dit help as jy ‘n bietjie van jouself
Vir my kon oor los…

1 dubbel 2 jou hart betree
Jy’t verpas
Ek wou ‘n siel vir jou red
Maar nou, nou is jy beset

Die lyn is beset
Die lyn is beset
Die lyn is beset
Sal jy my dalk kom red

5 nege 7 een
Vertel my nog ‘n leuen
Ek sou al lankal
Maar almal om my lyk mal
Drie dubbel 9 4
My hart op skuld verhuur

Die lyn is beset
Die lyn is beset
Die lyn is beset
Sal jy my dalk kom red
www.pillowlyrics.com
error419786
fb-share-icon497975
Tweet 88k
fb-share-icon20