Klop – Bernice West

As jy stil word en luister hoe my hart
‘N Resies hardloop teen joune
En jou vingers verdwaal tussen die sterrestelsels van my lyf

Kan ek my hand in jou sak druk en dalk
‘N Paadjie saam jou aanknoop
Want die mat op die vloer raak warm
As jy jouself daaroor uitstrooi
En jy my binne nooi

Klop klop klop klop
Hier aan my deur
En vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
Ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel

Sal jy stywer bly langer lê
Ek wil jou diepste vrees leerken
Want die stories op jou borskas
Laat my weer voel soos toe ek kind was
Ek soek jou by my
Ek wil jou hande stil verlei

Tussendeur die paadjies van my rug
Verken jou vingers ‘n liefdesklug
Wat ons altwee weer laat glo
Soos kinders in die tandmuis
Dan gaan bou ons maar weer ‘n lighuis
Met die sterre bo ons kop
Ek sal my asem in jou verstop

Klop klop klop klop
Hier aan my deur
En vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
Ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel

Klop klop klop klop
Hier aan my deur

En vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
Ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel

Klop klop klop klop
Hier aan my deur
www.pillowlyrics.com
error419786
fb-share-icon497975
Tweet 88k
fb-share-icon20