Ingeperk – Bernice West

En daar is ritmes in die kamers van jou hart
En dit lyk soos die ewigheid sonder smart
En daar’s ‘n ego wat jou volg en jou laat skyn
En in die vêrte van jou siel se vrees laat verdwyn

En daar’s ‘n gang met ‘n liefde vir jou hede
Uitnemende gevoel
Wat jou swaarkry sal vergewe
En daar’s ‘n huis wat jou hart weer sal laat klop
Tot die dinge wat jou pla van jou skouers afdop

Staan jy dalk vreesloos in jou hart se verlange
Bou jy dan drome in jou siel se gevange

Byt vas, streef na vrede
Staan sterk, en vergeet van gister
Met jou hart hier op jou mou
Sal Sy liefde jou omvou

En daar is grense aan die hoop van jou distansies
Erkenning en geluk vergeet van jou frustrasies
Al is daar wind op die paaie van jou uitkoms
Sal die waarheid jou steeds volg en jou laat blom

Staan jy dalk vreesloos in jou hart se verlange
Bou jy dan drome in jou siel se gevange

Byt vas, streef na vrede
Staan sterk
En vergeet van gister
Met jou hart hier op jou mou
Sal Sy liefde jou omvou
www.pillowlyrics.com
error419786
fb-share-icon497975
Tweet 88k
fb-share-icon20