Spoorlose Stasies – Bernice West

Terug op spoorlose stasies
Genoeg het ek geween
Genoeg my hart uit geleen

Die plek los ‘n merk op my ambag
Is jou tyd te veel gevra
Is daar sorge wat jy dra

Maar dalk was jou pad te kort vir my
Jou merk gelos op die rand
En sal jy dalk vind waarvoor ek moet baklei
Jou hart gekoop aan my kant

Versot in die doening van jou late
Mag die tyd jou drome spaar
Mag jou siel met eens bedaar

Gekoop deur jou woorde wat my laat lag
Is die liefde nou te duur
Is jou wêreld koud versier

Maar dalk was jou pad te kort vir my
Jou spoor gelos op die rand
En sal jy dalk vind waarvoor ek moet baklei
Jou hart gekoop aan my kant

Terug op spoorlose stasies
Genoeg het ek geween
Genoeg my hart uit geleen

Die plek los ‘n merk op my ambag
Is jou tyd teveel gevra
Is daar sorge wat jy dra
www.pillowlyrics.com
error419786
fb-share-icon497975
Tweet 88k
fb-share-icon20