Hemel Op Aarde – Bernice West

Sal jy verstaan as ek jou in die nag dalk agter los
Uitgeknip in die eenvoud jou seer in die ruimte gepos
Want jou stiltes verstaan my nie
Ek wou praat maar jy antwoord nie

Sal jy padlangs loop as ek jou dan moet verlaat
Steeds ‘n goeie daad pleeg en die mense om jou vermaak
Ons was goud maar nie kleurvol nie
Ons was een maar nie eerlik nie

Hemel op die aarde
Gooi my kleed my in genade
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde

Hier’s ‘n dubbellyn getrek ek hoor jou aan die ander kant
Jy het my dan afgemerk ek was die einde op jou liefdespant
Ek het probeer maar jy was uitverhuur
Als gegee maar jou hart was te duur

Hemel op die aarde
Gooi my kleed my in genade
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde

Oeh ek verlang dan na wat ons een(saam) was
Jou woorde het my klei gemaak
Totdat ek jou kon pas
Maak vry die las

Hemel op die aarde
Gooi my kleed my in genade
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde

Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde
www.pillowlyrics.com
error419786
fb-share-icon497975
Tweet 88k
fb-share-icon20